Northern Lights-Projek
Die Northern Lights-projek is ’n aanloopbaan wat geleenthede bied aan individue wat deur die strome van die lewe uitgespoeg is - waar die werklikheid van honger gaan slaap en alleen wakker word nie net ’n vrees is nie, maar ’n daaglikse realiteit. Daar is baie bekwame jongmans wat steeds ly onder die druk van hul daaglikse omstandighede. Jong volwassenes wat nooit die geleentheid ontvang het om te gaan studeer nie. Die antwoord vir die reuse-werkloosheid syfer in Suid Afrika is selfvoorsiening. Die Northern Lights-projek gee aan hierdie jongmanne ’n geleentheid om ’n sinvolle en positiewe bydrae binne die Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer.
Dié projek voorsien die jongmanne van behuising, vaardigheidsontwikkeling en ’n geakkrediteerde gekwalifiseerde ambag. Daar is ’n groot behoefte aan gekwalifiseerde personeel in dié industrie. Deel van die studies sluit onder andere in: bemarking, basiese boekhouvaardighede en besigheidsbeginsels, sodat hulle na afloop van hul studies hul eie onderneming kan begin. Ons implementeer ’n stelsel wat ’n afhanklike persoon omskep in ’n onafhanklik individue wat na afloop van sy studies vir homself en sy gesin kan sorg.
Binne die Northern Lights-familie vind hulle ’n huis en gesin wat mekaar op alle vlakke ondersteun en help groei as voorsiener en volwassene.
Northern Lights in Pretoria-Noord beoog om 10 jongmanne te huisves, wat elkeen in sy eie houthuis woon. Daar is ’n gemeenskaplike badkamer en ons beoog ’n gemeenskaplike kombuis met geriewe. Daar woon tans vyf jong manne wat daagliks drie etes ontvang. Meeste van die dienste word vanuit die woonhuis op die perseel voorsien. Daar woon ’n projekbestuurder en ’n administratiewe beampte op die perseel wat die jong manne ondersteun en toesig hou oor die werksaamhede.
Dié jongmanne is by F&O Training ingeskryf en word na en vanaf die opleidingsentrum vervoer.
Ondersteun asseblief hierdie program en stel ons in staat om ’n toekoms vir hierdie jong manne te skep. Ons het ondersteuning op alle en enige moontlike manier nodig.
Kontak Dinah Bronkhorst dinah@attsa.org.za of Lèan Jacobs northern@cpisa.org.za
Rom. 5:3-5:
“...maar ons roem ook in verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie...”