GROEI-GOGGAS VLIEG GRAAD R BINNE
“Ons het gister gesien hoe ʼn sirkel voltooi is. Jy kan duidelik sien hoe elke liewe maatjie in ʼn jaar se tyd sedert hierdie skooltjie geopen het, ontwikkel het; nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik,” vertel Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van ATTSA. Groei-Goggas is ʼn skooltjie in Danville wat in Januarie verlede…
Lees meer Pleegsorg bied ʼn veilige hawe aan kinders
Pleegsorg is die versorging van ʼn kind deur iemand wat nie sy natuurlike ouer is nie deur bemiddeling van ʼn welsynsorganisasie. ʼn Pleegkind is ʼn kind wat tydelik in die sorg van ʼn persoon geplaas is wat nie sy natuurlike ouer is nie. Vanuit hierdie definisies soos in Pharos se Woordeboek van Regs- en Handelsterme, word daar dus afgelei…
Lees meer GROEI-GOGGAS KRY VOELERS EN VLERKE
Woensdag 30 November was ʼn hoogtepunt vir ʼn paar goggas. Hoekom? Want sommige het voelers gekry en ander vlerke om verder te kan vlieg! “Groei-Goggas is ʼn skooltjie in Danville wat in Januarie vanjaar sy deure vir voorskoolse kinders oopgemaak het. Hierdie ATTSA-ondersteunde projek kon met groot sukses gedurende 2022 kinders met groot maatskaplike uitdagings…
Lees meer KOEKIES VOL LIEFDE, LEKKERTE ÉN HOOP
As jy nie kan kies tussen gemmerkoekies, koffiekoekies, vlakoekies, soetkoekies of sjokoladesplinterkoekies nie, wees nie bevrees nie! Jy kan hierdie Desembervakansie sommer aan ál hierdie koekies smul terwyl jy na die see staar, in die berge stap, of met Jan Tuisbly se karretjie ry! Boonop sal jou aankope help om werk aan elf dames by…
Lees meer Groei-goggas lei én voed voorskoolse kinders op
Groei-Goggas is ʼn skool vir voorskoolse kinders wat in Januarie vanjaar in Danville geopen is. Daar is tans 20 kinders met ouderdomme wat tussen vier en vyf jaar wissel. Hierdie ATTSA-ondersteunde projek wil kinders in Pretoria-Wes met groot maatskaplike uitdagings op verskillende terreine van die lewe nie net aan ʼn opvoeding blootstel wat sal help…
Lees meer ATTSA- uitvoerende hoof wen gesogte toekenning
Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA), is gisteraand aangewys as die wenner van die jaarlikse African Achievers Awards-toekenning wat sy tydens ʼn glansgeleentheid in Londen in ontvangs geneem het. Hierdie prys word toegeken aan entrepreneurs, gemeenskapsbouers en diegene wat doeltreffend ʼn bydrae in die opheffing van Afrika lewer. “In die wêreld waarin…
Lees meer In die media | Nuwe gemeenskapsentrum in Danville geopen
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Tannie Lenie Pretorius, die ystervrou wat die afgelope 34 jaar haar lewe aan die Danville-gemeenskap gewy het, is vandag (18 Augustus) vereer toe die Kwaggasrand Reddingsdaad se nuwe gemeenskapsentrum na haar vernoem is. Vir jare was die lokaal toegepak onder skenkings wat nog nie uitgedeel of verkoop is nie. Die…
Lees meer In die media | Skuiling vir gestremdes, bejaardes het dae later weer krag
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Kwaggaspoort Reddingsdaad in Pretoria-Wes het uiteindelik weer krag nadat bejaardes en gestremdes vir meer as ’n week daarsonder moes klaarkom. Luidens ’n verklaring deur die Afrikaanse Toekomstrust (ATT) is kragtoevoer Saterdag weer herstel nadat dit sedert Vrydag 22 Augustus af was. Maroela Media het vroeër berig dat Kwaggasrand Reddingsdaad, ʼn…
Lees meer In die Media | Bejaardes al vyf dae in die donker ná metro hul krag afsny
PRETORIA – ‘n Skuiling in Pretoria wat hoofsaaklik na behoeftige bejaardes omsien, sit al vyf dae lank sonder krag weens ‘n geskil met die Tshwane-metro. Kwaggaspoort Reddingsdaad, ‘n gemeenskapsprojek van die Afrikaanse Toekomstrust, se kragtoevoer is afgesny omdat die metro beweer die skuiling skuld hulle meer as R600 000. Die skuiling betwis dié bedrag omdat…
Lees meer Kragtoevoer herstel nadat regsfirma ingryp
ʼn Dispuut met die Tshwane-stadsraad oor foutiewe meterlesings het daartoe gelei dat Kwaggaspoort Reddingsdaad, ʼn projek wat deur Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) ondersteun word, se krag onwettig op Vrydag 26 Augustus afgeskakel is. Dit ten spyte van artikel 102 van die Munisipale Stelselwet wat bepaal dat die krag nie afgeskakel mag word terwyl daar ʼn dispuut…
Lees meer