Welkom
Die Afrikaanse Toekomstrust is ‘n Organisasie met ‘n Weldaadsoogmerk en funksioneer onafhanklik van enige organisasie
Wie is ons
Die Afrikaanse Toekomstrust is geskep as ’n organisasie wat ons Afrikaanse gemeenskappe, taal en kultuur met hart wil bevorder. Ons glo in mense en daarom is die grootste geskenk wat ons vir mense kan gee is trots.
Dit laat ons hart klop
Ons projekte spreek die behoeftes aan wat aan armoede gekoppel is. Dit sluit onder andere voedingsprogramme, korttermyn uitreik-aksies sowel as langtermyn oplossings soos opleiding in.
.
Toekomsdrome
Ons belê in die toekomsdrome van Afrikaanse jongmense deur studielenings toe te ken aan behoeftige studente. ’n Goeie opleiding skep ’n toekoms waarin studente hulle drome kan uitleef.
Raak betrokke
Die Afrikaanse Toekomstrust is afhanklik van die breër Afrikaanse gemeenskap om te belê in hulle projekte om ten einde gemeenskapsinstellings te begelei tot finansiële selfstandigheid.
Afrikaanse Toekomstrust
-Hulp met Hart-
GROEI-GOGGAS VLIEG GRAAD R BINNE
Pleegsorg bied ʼn veilige hawe aan kinders
GROEI-GOGGAS KRY VOELERS EN VLERKE
Raak betrokke
Die Afrikaanse Toekomstrust is afhanklik van die breër Afrikaanse gemeenskap om te belê in hulle projekte om ten einde gemeenskapsinstellings te begelei tot finansiële selfstandigheid.