In die Media | Oues, gestremdes ly weens foutiewe kragrekening
Oorspronklik geplaas op Maroela Media
Die bestuur van Kwaggasrand Reddingsdaad in Danville, Pretoria-Wes, is moedeloos oor gereelde kragonderbrekings wat die inwoners se lewens ontwrig. Die onderbrekings is weens ʼn dispuut met die Tshwane-stadsraad oor onakkurate meterlesings.
Kwaggasrand Reddingsdaad is ʼn plek van versorging vir bejaardes en gestremde mense wat geen ander heenkome het nie. Hierdie is ʼn nie-winsgewende gemeenskapsprojek van die Afrikaanse Toekomstrust (ATT). Die fasiliteit berei ook kos voor vir haweloses in die gemeenskap en dra kos by vir die plaaslike sopkombuis.
Volgens Gerhard Erasmus, regs- en administrasiebeampte van die ATT, het die krag Vrydag afgegaan en die inwoners het teen Dinsdagoggend steeds sonder elektrisiteit gesit. Dit is kwansuis omdat die sentrum aan Tshwane geld skuld. Die sentrum voer egter aan die kragrekening is nie akkuraat nie en weier om te betaal voordat die rekening gewysig word met die regte bedrag.
Lees die volledige artikel op Maroela Media
Foto: Facebook