|| MEDIAVERKLARING || Help-die-bakkers is gerat vir Nasionale koekiedag en jou vakansiebestellings

ATT-IconLootjiekompetisie

*datum moes weens onvoorsiene omstandighede skuif na … Jammer vir die ongerief.

 

Of Nasionale Koekiedag op 11 Desember ingestel is om mense daaraan te herinner om betyds met die bak van hul vakansie- en kersfeeskoekies te begin, en of dit ‘n manier was om die publiek in ‘n feestydluim van nostalgie te kry sal niemand weet nie. Die Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) se Help-die-bakkers staan egter slaggereed om in almal wat nie daarby gaan uitkom om hul oond self aan te skakel nie se koekiebehoeftes te voorsien.

“Tuisgebakte koekies is sinoniem met somervakansie! Indien die jaar jou dalk van agter af ingehaal het, bied ons die perfekte oplossing: jy kan steeds daardie koppie vakansietee met ‘n smullekker koekie komplimenteer,” sê Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van die ATTSA. 

Emmers gevul met tradisionele kersfeeskoekies kan aanlyn bestel of by die Voortrekkermonument se kersmark op 11 Desember 2021 gekoop word. Die R100-emmer bevat die volgende koekies: vla, gemmer, soet, koffie, suurlemoen, appelkooskontfyt,  Rice Crispy, sjokoladesplinter en hawermout. Die R120-emmer is gevul met ‘n verskeidenheid geure wat sjokolade-, sjokoladesplinter-, vla-, soet-, koffie- en hawermoutkoekies insluit.

“Ons het vanjaar ook ‘n opwindende kompetisie waar jy die kans staan om ‘n naweekwegbreek, ter waarde van R4,000, by die Udolpho Rivierplaas naby Parys te wen. Elke emmer koekies bied jou een inskrywing. Die wenners sal op 14 Desember deur middel van ‘n video op die Afrikaanse Toekomstrust se facebookblad getrek en aangekondig word,” sê sy. 

Volgens Bronkhorst is die Help-die-bakkersprojek vroeër vanjaar as fondsinsameling vir mishandelde en werklose vroue op die been gebring. “Ons het ‘n fassiliteit geskep waar hul kan werk en nodig voel, ‘n inkomste vir hul sukkelende gesinne verdien en terselfdetyd kry ons die geleentheid om hul selfwaarde en menswees weer op te bou. Ons sien uit om die projekte uit die Betsie Dreyer kombuis in 2022 verder uit te brei om sodoende meer persone te kan help,” verduidelik sy. 

Die Help-die-bakkers se koekies is dus twee keer so lekker!

“Buiten dat dit vars gebak is, maak dit ook jou hart warm wanneer jy dit geniet en weet dat jy ‘n verskil gemaak het!”

Plaas u bestelling voor 11 Desember 2021 deur ‘n e-pos te stuur na koekies@attsa.org of skakel 0121118352. 

UITGEREIK: 18 November 2021
VIR MEDIA NAVRAE KONTAK:

Dinah Bronkhorst
Uitvoerende hoof: Afrikaanse Toekomstrust
Tel: 072 126 1158

 

Meer artikels