Ooievaarstee vir ongewenste klein lyfies sorg vir oop harte en hande

mediamodifier-PKdcZz-o6bw-unsplash

Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) en Unchain our Children het saamgespan om ʼn Ooievaarstee vir onbeplande klein lyfies te hou om liefde vir babas te gee wat verwerp, verstoot en verwaarloos is.

“Die reaksie was oorweldigend. Mense het al vooraf ʼn hele klompie skenkings by ons kantore kom aflaai of per koerier gestuur, en ons is vandag werklik verras met die hoeveelheid mense wat met doeksakke en babaprodukte opgedaag het,” vertel Dinah Bronkhorst, uitvoerende hoof van ATTSA.

Sommige mense het vinnig in hulle etenstyd ʼn doeksak kom afgee en daar het selfs mense en instansies met sleepwaens propvol babaprodukte opgedaag. Ooievaarstees is nie net vir dames nie, en betrokkenes by ATTSA en Unchain our Children het gesorg dat die doekebraai vir verdere joligheid gesorg het.

“Elke skenking maak ʼn verskil in ʼn baba se lewe en maak ook die lewe ʼn bietjie makliker vir diegene wat na sulke verwerpte babas omsien. Ons is so dankbaar vir elke persoon en instansie wat ʼn bydrae gelewer het. ʼn Dankie verduidelik dit nie eens naastenby nie,” sluit Bronkhorst af.

Alhoewel mense hulle harte werklik oopgemaak het om hierdie saak te ondersteun, is hierdie skenkings egter steeds net ʼn druppel in die emmer wanneer daar na die groot nood gekyk word as dit by verwerpte babas kom. SMS die woord HELP na 40112 of stuur ʼn e-pos na help@attsa.org as jy dalk steeds ʼn bydrae wil maak. Jou bydrae sál ʼn verskil maak, hoe gering ook al.
 
Vir medianavrae kontak ATTSA by 012 111 8352:
 

Meer artikels