Media
In die media | Nuwe gemeenskapsentrum in Danville geopen
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Tannie Lenie Pretorius, die ystervrou wat die afgelope 34 jaar haar lewe aan die Danville-gemeenskap gewy het, is vandag (18 Augustus) vereer toe die Kwaggasrand Reddingsdaad se nuwe gemeenskapsentrum na haar vernoem is. Vir jare was die lokaal toegepak onder skenkings wat nog nie uitgedeel of verkoop is nie. Die…
Lees meerIn die media | Skuiling vir gestremdes, bejaardes het dae later weer krag
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Kwaggaspoort Reddingsdaad in Pretoria-Wes het uiteindelik weer krag nadat bejaardes en gestremdes vir meer as ’n week daarsonder moes klaarkom. Luidens ’n verklaring deur die Afrikaanse Toekomstrust (ATT) is kragtoevoer Saterdag weer herstel nadat dit sedert Vrydag 22 Augustus af was. Maroela Media het vroeër berig dat Kwaggasrand Reddingsdaad, ʼn…
Lees meerIn die Media | Bejaardes al vyf dae in die donker ná metro hul krag afsny
PRETORIA – ‘n Skuiling in Pretoria wat hoofsaaklik na behoeftige bejaardes omsien, sit al vyf dae lank sonder krag weens ‘n geskil met die Tshwane-metro. Kwaggaspoort Reddingsdaad, ‘n gemeenskapsprojek van die Afrikaanse Toekomstrust, se kragtoevoer is afgesny omdat die metro beweer die skuiling skuld hulle meer as R600 000. Die skuiling betwis dié bedrag omdat…
Lees meerIn die Media | Oues, gestremdes ly weens foutiewe kragrekening
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Die bestuur van Kwaggasrand Reddingsdaad in Danville, Pretoria-Wes, is moedeloos oor gereelde kragonderbrekings wat die inwoners se lewens ontwrig. Die onderbrekings is weens ʼn dispuut met die Tshwane-stadsraad oor onakkurate meterlesings. Kwaggasrand Reddingsdaad is ʼn plek van versorging vir bejaardes en gestremde mense wat geen ander heenkome het nie. Hierdie is…
Lees meerVideo: Ooievaarstee vir ongewenste babas reusesukses
Oorspronklik geplaas op Maroela Media Die opwinding van ’n nuwe pienkvoet word deur mense wêreldwyd gevier tydens gesellige kuiers soos ooievaarstees en doekebraaie, maar dié vreugde is egter nie iets wat elke huishouding beleef nie. Die Afrikaanse Toekomstrust Suid-Afrika (ATTSA) en die welsynsorganisasie Unchain our Children het op Vrydag 26 Augustus kragte saamgesnoer deur ’n…
Lees meer