Klein-Lyfie Baba Sakke

Elke baba verdien 'n liefdevolle begin

R350 per sak hou 'n ongewensde babatjie veilig. Nie elke baba kom met 'n ondersteuningsnetwerk die wêreld binne nie.

Vir baie gesinne word 'n swangerskap met vreugde, voorbereiding en ondersteuning verwelkom. Ongelukkig ervaar sommige moeders vrees, onsekerheid en uitdagings. Sommige babas word gebore in situasies waar daar min of geen ondersteuning beskikbaar is nie.

Kom vat hande saam met ons en maak 'n verskil. Vir slegs R350 kan 'n sak gekoop en gevul word met die nodige produkte om 'n verskil te maak.

R350

Borg 'n baba-sak — R350 per sak

Vir slegs R350 kan 'n sak gekoop en gevul word met die nodige produkte om 'n ongewensde babatjie se eerste weke veilig en waardig te maak. Jy kan een sak borg of maandeliks bydra — en jy ontvang 'n Artikel 18A sertifikaat vir jou bydrae.

Borg 'n baba-sak
Klein-Lyfie Baba Sakke: elke baba verdien 'n liefdevolle begin, met babasak-items soos doeke, klere en toiletware
Elke baba verdien 'n liefdevolle begin

Ander maniere om te help

Eenmalige skenking

Enige bedrag maak 'n verskil.

Korporatiewe borgskap

Borg 'n reeks babasakke en ontvang kwartaallikse verslae vir jou volhoubaarheidsverslag.

Skenk in natura

Formule, doeke, babaklere en toerusting word by ons kantoor ontvang.

Ons deel nooit foto's of identifiseerbare besonderhede van 'n kind in ons sorg nie. Die beskerming van elke baba se privaatheid en waardigheid kom eerste.