'n Genadesak, vir slegs R450, gee waardigheid terug
Vroue wat uit 'n mishandelde huis vlug, stap dikwels uit met niks behalwe die klere aan hulle lywe nie. Daarom het ons 'n Genade-sak-projek begin, waar elke vrou 'n sak ontvang.
“Niemand behoort alleen deur 'n moeilike tyd te gaan nie.”
'n Genadesak is 'n handsak gevul met noodsaaklike persoonlike items wat aan mishandelde vroue geskenk word. ATTSA pak en versprei die sakke saam met vroueskuilings, kerke en maatskaplike werkers in ons netwerk — elke sak word met sorg gepak; dit is nie 'n bondel oorskiet nie, dit is 'n geskenk.

Waar word die sakke versprei?
- Vroueskuilings
- Slagoffers van huishoudelike geweld
- Hawelose vrouens
- Verskeie gemeenskapsentrums
- Polisiestasies
Hoe kan jy help?
Skenk 'n handsak
'n Tweedehandse of nuwe handsak word die Genadesak self.
Vul of borg 'n sak
Vul 'n sak met noodsaaklike items, of borg 'n sak vir slegs R450 en ons pak dit namens jou.
Skenk produkte of 'n finansiële bydrae
Nuwe toiletware, sanitêre produkte en handdoeke word altyd benodig — en elke rand help.
Elke item maak saak, elke sak bring hoop. Dit sê: JY is kosbaar – JY is nie alleen nie – Daar is HOOP.
